Acts 7:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is hy wat in die gemeente in die woestyn was saam met die engel wat met hom gespreek het op die berg Sina, en by ons vaders, wat die lewendige woorde ontvang het om aan ons te gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is dieselfde Moses wat, toe die volk as gemeente daar in die woestyn was, as tussenganger opgetree het tussen ons voorouers en die engel wat op Sinaiberg met hom gepraat het. Hy het lewende woorde ontvang om aan ons oor te dra.
Afrikaans 1933/1953 Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee.
Afrikaans 1983 “Dit is hy wat, toe die volk daar in die woestyn bymekaar was, die skakel was tussen ons voorvaders en die engel wat met hom op Sinaiberg gepraat het. Hy het die lewende woorde ontvang om aan ons mee te deel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hy wat in die volksvergadering in die woestyn saam met die Engel, wat met hom op die berg Sinai gepraat het, en saam met ons vaders was – hý het lewende woorde ontvang om aan ons te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hý, Móses, wat by ons voorvaders was in die woestyn. Hy het met hulle gepraat wanneer hulle bymekaargekom het. Moses was ook op Sinai-berg by die engel. Daar het die engel met Moses gepraat, en daar het Moses die boodskap gekry wat vir ons die ware lewe gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is ook Moses wat op die berg Sinai met die engel van die Here gaan praat het.