Acts 7:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hulle uitgelei nadat Hy wonders en tekens gedoen het in Egipteland en in die Rooi See en in die woestyn veertig jaar lank. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het dit gekom dat Moses hulle uitgelei het. Dit het gepaardgegaan met baie wonders en tekens wat hy oor die verloop van 40 jaar in Egipte, die Rooisee en in die woestyn gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank. |
| Afrikaans 1983 | So het dit gekom dat Moses hulle uitgelei het. Veertig jaar lank het hy tekens en wonders in Egipte, by die Rooisee en in die woestyn gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was hy wat hulle uitgelei het en wonders en tekens in Egipte en by die Rooisee en in die woestyn gedoen het, veertig jaar lank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was Móses wat die Israeliete uitgelei het uit Egipte. Hy het 40 jaar lank wonderwerke en tekens gedoen in die land Egipte en in die woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moses het die Israeliete daarna uit Egipte weggelei. In Egipte, by die Rooisee en ook in die woestyn het hy 40 jaar lank die een groot wonderwerk na die ander gedoen. |