Acts 7:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom weggestoot en gesê: Wie het jou 'n owerste en regter oor ons aangestel?
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar die een wat die oorsaak van die bakleiery was, stamp Moses eenkant toe en sê vir hom om hulle uit te los. ‘Wie het jou ons leier en regter gemaak?
Afrikaans 1933/1953 Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons aangestel?
Afrikaans 1983 Maar die een wat met die bakleiery begin het, stamp vir Moses opsy en sê: ‘Wie het jou as ons leier en as regter oor ons aangestel?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die een wat sy volksgenoot kwaad aangedoen het, het hom weggestamp en gesê, ‘Wie het jou as leier en regter oor ons aangestel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die een wat die probleem begin het, het vir Moses weggestamp en gesê: ‘ Wie het jou gekies en aangestel om regeerder en regter oor ons te wees?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die een wat die bakleiery begin het, het Moses weggestamp en gesê: ‘Jy’s ’n mooi een om te praat! Wie het jou as skeidsregter oor ons aangestel? Jy kom speel hier baas terwyl jy self gister ’n Egiptenaar doodgemaak het.