Acts 7:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy sien dat een van hulle onreg ly, het hy hom verdedig en die verdrukte gewreek en die Egiptenaar verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens sy besoek het hy gesien hoe ’n Egiptenaar een van die Israeliete aanrand, en hy het die slagoffer gaan help. Tydens sy vergelding het hy die Egiptenaar doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.
Afrikaans 1983 Toe hy sien dat een van hulle deur 'n Egiptenaar mishandel word, het hy die slagoffer gaan help en die misdaad gewreek deur die Egiptenaar dood te slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe hy sien hoe iemand aangerand word, het hy hom te hulp gesnel, en oor die man wat mishandel is, wraak geneem deur die Egiptenaar dood te slaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sien toe 'n Egiptenaar wat besig was om slegte dinge te doen aan 'n Israeliet. Moses het die Israeliet gehelp, hy het die Egiptenaar gestraf en hy het hom doodgeslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het hy gesien hoe ’n Egiptenaar een van hulle slaan. Dit het hom so kwaad gemaak dat hy die man op die plek doodgemaak het.