Acts 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy uitgewerp is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom vir haar eie seun versorg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle hom uiteindelik buite aan sy lot moes oorlaat, het die farao se dogter hom gekry, en sy het hom as haar eie seun grootgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak. |
| Afrikaans 1983 | en daarna is hy buite aan sy lot oorgelaat. Daar het die farao se dogter hom gekry, en sy het hom as haar eie seun grootgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy daarna buite neergesit is, het die farao se dogter hom aangeneem en hom as haar eie seun laat versorg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het hulle hom buite neergesit. Die farao se dogter het hom gekry en sy het hom aangeneem en grootgemaak soos haar eie seun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar uiteindelik moes hulle ook van hom afstand doen. Hulle het hom toe in ’n mandjie in die Nylrivier gaan sit. Gelukkig het die dogter van die farao hom in die Nyl gekry en hom toe soos haar eie seun grootgemaak. |