Acts 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Manne, broers en vaders, luister; Die God van heerlikheid het aan ons vader Abraham verskyn toe hy in Mesopotamië was, voordat hy in Charran gewoon het,
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Stefanus gesê: “Medegelowiges, luister na my! Ons glorieryke God het in Mesopotamië aan ons voorvader Abraham verskyn voordat hy Haran toe is.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopot mië was, voordat hy in Haran gewoon het,
Afrikaans 1983 Toe sê Stefanus: “Broers en vaders, luister na my! God, aan wie al die eer toekom, het aan ons voorvader Abraham verskyn toe hy nog in Mesopotamië was, voordat hy in Haran gaan woon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Stefanus het geantwoord: “Broers en vaders, luister! Die God van heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotamië was, nog voordat hy hom in Haran gevestig het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Stefanus sê: “My vriende, julle moet goed luister. God wat koning is, het verskyn aan ons voorvader Abraham toe hy in Mesopotamië gewoon het. Dit was voordat Abraham in Haran gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vriende, hooggeagte raadslede, luister asseblief baie mooi,” het Stefanus geantwoord. “Ek wil graag met julle oor God praat. Aan Hom kom al die eer toe. Hy is die Heilige wat Hom aan Abraham kom bekendmaak het toe hy nog daar in Mesopotamië gebly het. Dit het gebeur nog voor Abraham na Haran getrek het.