Acts 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het listig gehandel met ons familie, en ons vaders kwaad gesmee, sodat hulle hul jong kinders verdryf het, sodat hulle nie sou lewe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie koning het ’n slinkse plan teen ons mense beraam en ons voorouers verplig om hulle babatjies buite aan hulle lot oor te laat sodat hulle sou sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie. |
| Afrikaans 1983 | en hy het 'n slim plan teen ons mense beraam en ons voorouers wreed behandel. Hy het hulle verplig om hulle babatjies buite aan hulle lot oor te laat, sodat hulle nie aan die lewe sou bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ons volk uitgebuit, en ons vaders wreed gedwing om hulle babas buite neer te sit, sodat hulle nie sou oorleef nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie koning het 'n skelm plan gemaak teen ons volk. Hy het slegte dinge gedoen aan ons voorvaders. Hy het gesê hulle moet hulle babas buite neersit sodat die babas kan sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hulle selfs verplig om hulle pasgebore babatjies op die ashope te gaan weggooi. Op dié manier wou hy keer dat hulle getalle nog groter word. |