Acts 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die tyd van die belofte wat God aan Abraham beloof het, nader kom, het die volk in Egipte gegroei en vermeerder, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Soos die tyd dat God sy belofte aan Abraham sou vervul, nadergekom het, het ons volk in Egipte tot ’n groot getal aangegroei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En namate die tyd van die belofte wat God aan Abraham met 'n eed beloof het, nader kom, het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte, |
| Afrikaans 1983 | “Teen die tyd dat God die belofte wat Hy aan Abraham gegee het, sou uitvoer, het die volk in Egipte reeds tot 'n groot getal aangegroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar namate die tyd van die belofte nader gekom het wat God aan Abraham gemaak het, het die volk in Egipte in getal toegeneem en vermeerder, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die tyd het gekom dat God sou doen wat Hy vir Abraham belowe het. Die Israeliete het toe al klaar 'n groot volk geword in Egipte, hulle was baie mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die 400 jaar van swaarkry het nou einde se kant toe begin staan. Die tyd dat God sy volk sou bevry, was voor die deur, soos Hy aan Abraham beloof het. Teen daardie tyd het daar sommer al ’n groot groep van ons voorouers in Egipte gebly. |