Acts 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle is oorgedra na Sigem en neergelê in die graf wat Abraham gekoop het vir 'n som geld van die seuns van Emmor, die vader van Sigem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is na Sigem toe gebring en begrawe in die grafgrot wat Abraham daar met geld by die seuns van Hemor gekoop het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir 'n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem. |
| Afrikaans 1983 | Hulle liggame is na Sigem toe gebring en begrawe in die graf wat Abraham vir 'n som geld daar in Sigem by die nakomelinge van Hemor gekoop het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle is na Sigem gebring en neergelê in die graf wat Abraham met 'n bedrag silwer by die seuns van Hemor in Sigem gekoop het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het die liggaam van Jakob en die liggame van die voorvaders teruggeneem na die stad Sigem, en hulle het die liggame begrawe in die graf wat Abraham gekoop het by die nageslag van Hemor in Sigem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die liggame is na Sigem in Kanaän geneem. Daar is hulle begrawe in ’n graf wat Abraham vroeër vir ’n groot klomp geld van die seuns van Hemor gekoop het.” |