Acts 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir die tweede keer is Josef aan sy broers bekend gemaak; en Josef se geslag is aan Farao bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Op hulle tweede besoek het Josef sy ware identiteit aan sy broers bekendgemaak, en hulle aan Farao voorgestel.
Afrikaans 1933/1953 En die tweede keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword.
Afrikaans 1983 Op hulle tweede reis het Josef hom aan sy broers bekend gemaak. Toe het die farao ook van Josef se familie te hore gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met die tweede besoek het Josef hom aan sy broers bekend gemaak, en sy herkoms het ook aan die farao bekend geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle die tweede maal in Egipte kom, het Josef vir sy broers gesê wie hy is. Toe het die farao ook gehoor van Josef se familie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tydens hierdie besoek het Josef vir sy broers gesê wie hy regtig is. Hy het sy familie ook aan die farao gaan bekendstel.