Acts 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n gebrek gekom oor die hele Egipteland en Kanaän en groot benoudheid, en ons vaders het geen voedsel gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Toe het daar hongersnood in die hele Egipte en ook in Kanaän gekom. Ons voorouers het baie swaar gehad, want hulle kos het opgeraak.
Afrikaans 1933/1953 En 'n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen voedsel kry nie.
Afrikaans 1983 Later het daar hongersnood in die hele Egipte en ook in Kanaän gekom. Die nood was hoog, en ook ons voorouers kon nie kos in die hande kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het daar hongersnood en groot ellende oor die hele Egipte en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen kos kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het dit baie droog geword in die hele Egipte en Kanaän. Die mense het baie swaar gekry, en ons voorvaders kon ook nie kos kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In daardie tyd was daar ’n groot hongersnood in Egipte en Kanaän. Die mense het niks gehad om te eet nie. Ons voorouers het ook baie swaargekry.