Acts 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en hom uit al sy ellende verlos en hom guns en wysheid gegee in die oë van Farao, die koning van Egipte; en hy het hom as goewerneur oor Egipte en sy hele huis aangestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en het hom uit al sy swaarkry gered. God het gemaak dat Farao, die koning van Egipte, van hom hou. God het ook besondere wysheid aan Josef gegee sodat Farao hom as onderkoning oor Egipte en as hoof van sy hele huishouding aangestel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en die het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis. |
| Afrikaans 1983 | en het hom uit al sy ellende gered. God het aan Josef wysheid gegee, sodat hy in die guns van die farao, die koning van Egipte, gekom het. Die farao het hom as onderkoning van Egipte en as hoof van sy hele koninklike hof aangestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en het hom uit al sy beproewings gered, en aan hom guns en wysheid in die oë van die farao, die koning van Egipte, geskenk, en hy het hom as bestuurder oor Egipte en oor sy hele huishouding aangestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het vir Josef gered toe hy swaargekry het. Hy het vir Josef só baie wysheid gegee dat die farao, die koning van Egipte, baie van Josef gehou het. Die farao het vir Josef die regeerder gemaak oor Egipte en oor die farao se hele paleis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef se groot insig en verstand het die aandag getrek van die farao, die koning van Egipte. Kort voor lank het hy hom aangestel as hoof oor die hele Egipte en oor sy huishouding. |