Acts 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het daar sommige van die sinagoge, wat genoem word die sinagoge van die Libertyne, en Cireniërs en Aleksandriërs en van hulle uit Cilicië en Asië, opgestaan, en met Stefanus gestry.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag het ’n klompie lede van die sogenaamde “Sinagoge van die Vrygelate Slawe” met hom in debat getree. Hulle was Jode wat van Sirene en Aleksandrië, en van die provinsies Silisië en Asië gekom het.
Afrikaans 1933/1953 En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Ciren,ërs en Alexandryne, en van die mense van Cil¡cië en Asië, en hulle het met St,fanus geredetwis.
Afrikaans 1983 Party van die lede van die Sinagoge van die Vrygelate Slawe, soos dit genoem is, wat bestaan het uit Jode wat van Sirene en Aleksandrië afkomstig was, het toe saam met Jode wat van die provinsies Silisië en Asië gekom het, met Stefanus begin redeneer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sommige van die Sinagoge van die Libertyne, soos dit bekend gestaan het, Sireneërs en Aleksandryne, asook sommige mense uit Silisië en Asië, het na vore getree en met Stefanus geredeneer;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was Jode wat aan een van die sinagoges behoort het. Hierdie Jode was eers slawe maar toe het die Romeine gesê hulle mag vry wees. Hulle het gekom van Sirenië, Aleksandrië, Silisië en Asië. Hulle het begin om baie met Stefanus te praat en te stry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het in ’n sinagoge in Jerusalem bymekaargekom waar mense wat eens op ’n tyd slawe was vir God aanbid het. Hierdie mense, wat uit gebiede soos Sirene, Aleksandrië, Silisië en Asië gekom het, het met hom begin stry. Maar hulle het elke keer sleg daarvan afgekom.