Acts 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die woord van God het toegeneem; en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder; en 'n groot menigte van die priesters was gehoorsaam aan die geloof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die woord van God het verder versprei, en die aantal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ’n groot klomp priesters het gelowig geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof. |
| Afrikaans 1983 | Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs 'n groot aantal priesters het gelowig geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die woord van God het versprei en die aantal dissipels in Jerusalem het aansienlik vermeerder, en 'n groot menigte priesters het aan die geloof gehoorsaam geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Meer en meer mense het die boodskap van God gehoor, en die gelowiges in Jerusalem het baie meer geword. Baie priesters het ook gehoorsaam geword, hulle het gelowiges geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die apostels se prediking het veroorsaak dat baie mense in Jerusalem volgelinge van Jesus geword het. Selfs ’n groot groep priesters het tot bekering gekom en in Hom begin glo. |