Acts 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die woord het die hele menigte behaag: en hulle het Stefanus gekies, 'n man vol geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Prochorus en Nikanor en Timon en Parmenas en Nikolaas, 'n proseliet van Antiogië. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet was). |
| Afrikaans 1933/1953 | En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: St,fanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Prochorus en Nik nor en Timon en P rmenas en Nikol Âs, 'n Jodegenoot uit Antioch¡ë, |
| Afrikaans 1983 | Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, 'n man met 'n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die voorstel het by die hele groep byval gevind, en hulle het vir Stefanus, vol van geloof en die Heilige Gees, en ook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus, 'n proseliet uit Antiogië, gekies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die gelowiges het almal gedink dit is goed wat die apostels gesê het. Hulle het toe die volgende manne gekies: Stefanus, 'n man wat 'n sterk geloof gehad het, die Heilige Gees was in hom, Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus. Nikolaus het voorheen in Antiogië gewoon. Hy was eers 'n heiden en hy het later die Jode se godsdiens aanvaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gemeente was baie tevrede met dié plan. Hulle het toe die volgende mans gekies: Stefanus, iemand wat die Here met sy hele lewe vertrou het en wat vol van die krag van die Heilige Gees was, asook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus uit Antiogië. |