Acts 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl dit oorgebly het, was dit nie joune nie? en nadat dit verkoop is, was dit nie in u eie krag nie? waarom het jy hierdie ding in jou hart beraam? jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die grond was joune om te verkoop of nie. En selfs ná jy dit verkoop het, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Hoe kon jy so iets doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. |
| Afrikaans 1983 | Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie maar vir God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe dit onverkoop bly lê het, was dit nie joune nie? En toe dit verkoop is, was die geld nie tot jou beskikking nie? Waarom het jy hierdie daad in jou hart bedink? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die grond was altyd jou grond. En nadat jy dit verkoop het, kon jy met die geld maak wat jy wou. Hoekom het jy besluit om hierdie verkeerde ding te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, jy het vir Gód gelieg.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is tog jou grond. Toe jy dit verkoop het, kon jy met die wins gemaak het net wat jy wou. Hoekom was jy so skelm? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God self.” |