Acts 5:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het daar een in die Raad opgestaan, 'n Fariseër, met die naam van Gamaliël, 'n wetgeleerde, wat bekend was onder die hele volk, en bevel gegee om die apostels 'n bietjie ruimte uit te steek;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar een van die Raadslede het opgestaan. Hy was ’n Fariseër met die naam Gamaliël, ’n geëerde wetskenner van Moses en baie gerespekteer deur al die mense. Hy het opgestaan en gevra dat die apostels ’n rukkie moet uitgaan.
Afrikaans 1933/1953 Maar 'n Fariseër met die naam van Gam liël, 'n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels 'n bietjie buitentoe moes bring.
Afrikaans 1983 Een van die Fariseërs in die Raad, 'n man met die naam Gamaliël, wat as leermeester van die wet van Moses by die hele volk in hoë aansien was, het toe opgestaan en gevra dat die apostels 'n rukkie buitentoe gevat moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe staan iemand in die Sanhedrin op, 'n •Fariseër met die naam Gamaliël, 'n wetgeleerde met hoë aansien by die hele volk, en gee opdrag dat hulle die mense vir 'n oomblik na buite neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het iemand van die Joodse Raad opgestaan. Sy naam was Gamaliël. Hy was 'n Fariseër en 'n skrifgeleerde, en al die mense het hom gerespekteer. Hy het gesê dat die wagte die apostels 'n klein tydjie buite moet laat staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Fariseër met die naam Gamaliël, ’n gerespekteerde leermeester van God se wet, het egter kopgehou. “Vat die mans eers buitetoe,” het hy vir die polisie gesê. Daarna het hy vir die ander raadslede gesê: