Acts 5:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle gedood en aan 'n boom opgehang het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die God van ons voorouers het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom te kruisig.
Afrikaans 1933/1953 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang.
Afrikaans 1983 Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle doodgemaak het deur Hom aan 'n kruishout te hang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het vir Jesus doodgemaak toe julle Hom aan die kruis opgehang het, maar toe het die God van ons voorvaders vir Jesus weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is Hy, die God van ons voorvaders, wat vir Jesus weer lewendig gemaak het nadat julle Hom doodgemaak het. Het julle dan al klaar vergeet hoe julle Hom nou die dag aan ’n hout opgehang het?