Acts 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Petrus sê: Ananias, waarom het Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en 'n deel van die grondprys terug te hou?
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus sê toe: “Ananias, hoekom het jy jou deur Satan laat omhaal? Jy het vir die Heilige Gees gelieg toe jy ’n deel van die geld teruggehou het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Petrus: Anan¡as, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Afrikaans 1983 Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) •Petrus het toe gesê: “Ananias, waarom het Satan jou hart vervul, sodat jy vir die Heilige Gees gelieg en vir jouself van die geld vir die grond teruggehou het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus het vir hom gesê: “Ananias, hoekom het jy geluister na die Satan? Hoekom het jy gesê hy mag oor jou hart regeer? Hoekom het jy vir die Heilige Gees gelieg? Want jy het gemaak of jy al die geld bring, maar jy het 'n deel van die geld vir jouself gehou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Petrus het egter dwarsdeur hom gesien. “Hoekom het jy toegelaat dat Satan ’n houvas op jou kry?” het hy vir Ananias gevra. “Jy het vir die Heilige Gees gelieg deur ’n deel van die geld vir jouself te hou terwyl jy gemaak het asof jy alles aan ons kom gee het.