Acts 5:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en gesê: Het ons julle nie streng beveel dat julle nie in hierdie Naam moet leer nie? en kyk, julle het Jerusalem gevul met julle leer, en julle is van plan om hierdie man se bloed oor ons te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 “Het ons julle nie belet om ooit weer die mense in hierdie Man se Naam te onderrig nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer oor Jesus! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir sy dood!”
Afrikaans 1933/1953 Het ons julle nie uitdruklik verbied om in die Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring.
Afrikaans 1983 “Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Het ons julle nie ten strengste verbied om in hierdie Naam te leer nie? En kyk, julle het julle leer deur die hele Jerusalem versprei; en julle wil die bloed van hierdie man op ons bring. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Ons het ernstig vir julle gesê: Julle mag nie vir die mense leer van Jesus nie. En nou praat almal in Jerusalem oor die dinge wat julle vir die mense leer. Julle sê ook dat dit óns is wat hierdie man doodgemaak het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het ons julle nie uitdruklik verbied om in daardie man se naam met die mense te praat nie? Maar julle steur julle nie aan ons nie. Nou lê die hele Jerusalem vol van julle skewe leringe. Boonop beskuldig julle ons daarvan dat ons hierdie man doodgemaak het.”