Acts 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die owerste saam met die offisiere gegaan en hulle sonder geweld gebring, want hulle was bang vir die volk, dat hulle nie gestenig sou word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bevelvoerder het toe saam met die tempelwagte die apostels gaan arresteer. Hulle het nie geweld gebruik nie, want hulle was bang die mense steek hulle onder die klippe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die bevelvoerder en die wagte die apostels gaan haal, maar sonder geweld, omdat hulle bang was die volk steek hulle onder die klippe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bevelvoerder en die dienaars het hulle toe gaan haal – sonder geweld, omdat hulle bang was dat hulle deur die volk gestenig sou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die offisier en die wagte het toe die apostels gaan haal. Hulle was nie kwaai met die apostels nie, want hulle was bang dat die mense hulle met klippe sal gooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dadelik is die hoof van die tempelpolisie en van sy manne soontoe om die apostels weer te vang. Maar dié keer het hulle die apostels baie ordentlik behandel. Hulle was bang dat die mense by die tempel hulle onder die klippe sou steek as hulle die apostels hardhandig daar wegvat. |