Acts 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die hoëpriester en die owerste van die tempel en die owerpriesters hierdie dinge hoor, het hulle aan hulle getwyfel waartoe dit sou groei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die bevelvoerder van die tempelwag en die priesterhoofde hierdie verslag hoor, was hulle verstom en hulle het gewonder wat aangaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word. |
| Afrikaans 1983 | Toe die bevelvoerder van die tempelwag en die priesterhoofde dit hoor, was hulle uit die veld geslaan en hulle het gewonder wat van die apostels geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die bevelvoerder van die tempelwag en die leierpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daaroor verward, oor wat dit kon beteken. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die offisier van die wagte wat by die tempel werk en die priesterleiers dit hoor, was hulle baie verbaas. Hulle het gewonder wat gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoof van die tempelpolisie kon glad nie verduidelik hoe so iets kon gebeur nie. Die priesters het net hulle koppe verbaas geskud. |