Acts 5:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Die gevangenis het ons waarlik met alle veiligheid gesluit gevind, en die wagte het buite voor die deure gestaan; maar toe ons oopgemaak het, het ons niemand binne gevind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons het die tronk toegesluit en ten volle beveilig gekry. Die bewaarders was buite op hulle pos. Toe ons egter die tronkdeure oopmaak, was daar niemand binne nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie. |
| Afrikaans 1983 | “Ons het die tronk behoorlik toegesluit gekry en die bewaarders op hulle pos voor die deure; maar toe ons oopmaak en ingaan, was daar niemand nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ons het die tronk sorgvuldig toegesluit gevind met die wagte wat voor die deure staan, maar nadat ons oopgesluit het, het ons niemand daarbinne gevind nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Toe ons by die tronk kom, was die tronk gesluit. Al die deure was toegesluit, en die wagte het by die deure gestaan. Maar toe ons die deure oopmaak, was daar niemand binne nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe ons daar by die tronk kom, was die deure gesluit en al die wagte op hulle pos. Maar binnekant kon ons geen spoor van daardie klomp mans vind nie. Hulle is skoonveld.” Almal was dronkgeslaan daaroor. |