Acts 5:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle dit hoor, het hulle die môre vroeg in die tempel ingegaan en geleer. Maar die hoëpriester het gekom en die wat by hom was, en die raad en die hele senaat van die kinders van Israel bymekaargeroep en na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het geluister en met dagbreek tempel toe gegaan en die mense begin onderrig. Toe het die hoofpriester en sy amptenare ’n sitting van die Joodse Raad en die leiers van Israel belê. Hulle het die apostels vir die verhoor van die tronk af laat haal.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
Afrikaans 1983 Hulle het gehoor gegee en die môre vroeg na die tempel toe gegaan en die mense geleer. Intussen het die hoëpriester en sy ondersteuners die leiers van Israel vir 'n volle vergadering van die Joodse Raad bymekaargeroep en wagte na die tronk toe gestuur om die apostels te gaan haal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gehoor gegee en teen ongeveer dagbreek die tempelterrein binnegegaan en die mense onderrig. Toe die hoëpriester en sy ondersteuners opdaag, het hulle die Sanhedrin, die hele Raad van Familiehoofde van Israel, ontbied en die apostels by die tronk laat haal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die apostels het gedoen wat die engel gesê het. Hulle het baie vroeg die volgende oggend na die tempel gegaan en vir die mense geleer. Die hoëpriester en die mense wat saam met hom regeer het, het toe gesê al die mense van die Joodse Raad en al die familieleiers van Israel moet bymekaarkom en hulle moet vergadering hou. Hulle het toe wagte na die tronk gestuur om die apostels te gaan haal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die apostels het so gemaak. Vroeg die volgende môre het hulle weer na die tempel toe gegaan en met die mense oor Jesus begin praat. Intussen het die hoëpriester en sy handlangers die Joodse Raad byeengeroep.