Acts 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar het ook 'n menigte uit die stede rondom na Jerusalem gekom en siekes en die wat deur onrein geeste geplaag was, gebring, en almal is genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skares mense het van die dorpe rondom Jerusalem af gekom en siekes en mense gebring wat onder onrein geeste gely het. Hulle is almal gesond gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees. |
| Afrikaans 1983 | Daar het ook baie mense van die dorpe in die omgewing van Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder onrein geeste gely het. Hulle is almal gesond gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook uit die dorpe in die omgewing van Jerusalem het skares saamgestroom en hulle siekes en mense wat deur •onrein geeste geteister is, gebring, en hulle is almal genees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense het ook van die stede rondom Jerusalem gekom. Hulle het hulle siek mense gebring en ook die mense wat onrein geeste in hulle gehad het, en die Here het hulle almal gesond gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense uit ander stede het ook in groot getalle met hulle siekes en duiwelbesetenes na Jerusalem gestroom. Hulle almal is genees. |