Acts 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van die ander het niemand vermag om hom by hulle aan te sluit nie, maar die volk het hulle groot gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand anders het dit sommer gewaag om by hulle aan te sluit nie, al het almal hoë agting vir hulle gehad.
Afrikaans 1933/1953 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer.
Afrikaans 1983 maar van die ander mense het niemand dit gewaag om by hulle aan te sluit nie al het die volk hulle hoog geag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die res van die volk het niemand dit egter gewaag om by die gelowiges aan te sluit nie, alhoewel die volk hoë agting vir hulle gehad het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander mense was 'n bietjie bang om saam met die gelowiges te aanbid. Maar hulle het die gelowiges gerespekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander mense het raakgesien dat hulle baie vir mekaar omgee en dat hulle groot eerbied vir God het. Dit het hulle baie beïndruk. Tog was die ander mense bang om daar by die tempel by hulle aan te sluit. Hulle was bang vir die reaksie van die godsdienstige leiers.