Acts 4:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die apostels het met groot krag getuig van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. |
| Afrikaans 1983 | Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •apostels het ook kragtig getuig oor die opstanding van die Here Jesus, en groot genade het oor hulle almal gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die apostels het ernstig getuig dat die Here Jesus gesterf het, maar dat Hy weer lewe. En God was baie goed vir hulle almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se goedheid was groot oor al die gelowiges. Niemand van hulle was meer arm nie. Almal wat iewers ’n stukkie grond of ’n huis gehad het, het dit verkoop en die geld vir die apostels gaan gee. |