Acts 4:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die menigte van die wat geglo het, was een van hart en een siel; maar hulle het alles gemeen.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die gelowiges was in hart en siel één. Niemand het opgetree asof sy besittings net sy eie was nie, hulle het alles gedeel wat hulle gehad het.
Afrikaans 1933/1953 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
Afrikaans 1983 Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die menigte wat gelowig geword het, was een van hart en •siel, en niemand het na enige van sy besittings as sy eie verwys nie, maar hulle het alles gemeenskaplik besit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie mense het begin glo en hulle het almal dieselfde gedink en gevoel. Niemand het gesê dat sy goed net sy eie goed is nie, nee, hulle het alles gedeel met mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gelowiges was ’n hegte eenheid. Hulle het baie vir mekaar omgegee. Niemand van hulle het krampagtig aan hulle besittings vasgeklou nie. Die apostels het ook vir almal vertel dat God Jesus lewendig gemaak het. Hulle was glad nie bang om dit te doen nie.