Acts 4:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het deur die mond van u kneg Dawid gesê: Waarom het die heidene woedend gemaak en het die volk nietige dinge voorgestel?
Afrikaans (NLV) 2011 U het lank gelede u dienaar, ons voorvader Dawid, deur die Heilige Gees laat sê: ‘Waarom het die nasies tekere gegaan? Waarom het die volke sinlose planne beraam?
Afrikaans 1933/1953 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?
Afrikaans 1983 En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat by monde van ons vader Dawid, u dienskneg, deur die Heilige Gees gesê het: “ ‘Waarom gaan die heidennasies tekere, en bedink die volke nietige dinge?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het met die Heilige Gees gepraat, en die Heilige Gees het met u dienaar Dawid, ons voorvader, gepraat, en toe het Dawid geskryf: “ Hoekom het die heidene geraas? Hoekom het hulle planne gemaak wat niks sal help nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U Heilige Gees het vroeër deur Dawid vir ons gesê: ‘Waarom maak al die nasies so ’n groot lawaai? Waarom beraam mense sulke nuttelose planne?