Acts 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? want waarlik 'n merkwaardige wonderwerk deur hulle gedoen is, is geopenbaar aan almal wat in Jerusalem woon; en ons kan dit nie ontken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat gaan ons met hierdie mans aanvang?” het hulle gevra. “Dit is vir almal wat in Jerusalem woon, duidelik dat ’n onmiskenbare teken deur hulle plaasgevind het, en ook ons kan dit nie ontken nie.
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.
Afrikaans 1983 “Wat gaan ons met hierdie mense maak?” het hulle gevra. “Dat 'n onmiskenbare wonder deur hulle plaasgevind het, is vir al die inwoners van Jerusalem duidelik. Ons kan dit nie ontken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wat gaan ons met hierdie mense doen? Dit is immers vir al die inwoners van Jerusalem duidelik dat 'n onmiskenbare teken deur hulle toedoen plaasgevind het. Ons kan dit nie ontken nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Wat sal ons doen met hierdie mense? Want God het hulle 'n teken laat doen, dit is seker. Al die mense van Jerusalem dink so, ons kan nie stry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat moet ons met hulle doen?” het hulle mekaar gevra. “Almal in Jerusalem weet teen hierdie tyd al wat gister in die tempel gebeur het. Ons kan dit nie wegpraat nie.