Acts 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Afrikaans 1983 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daar is ook deur niemand anders verlossing nie, en daar is geen ander naam onder die hemel aan mense gegee waardeur ons verlos kan word nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Net Jesus kan ons red, niemand anders nie. God het nie 'n ander naam op die aarde vir die mense gegee wat ons kan red nie, Hy wil hê die Naam van Jesus moet ons red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus is nou die belangrikste Persoon in die hemel. Daar is geen ander manier hoe julle in die regte verhouding met God kan kom as deur Hom nie. Niemand anders in die hemel of hier op aarde kan julle nou red nie.”