Acts 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dit aan julle almal en aan die hele volk van Israel bekend wees dat deur die Naam van Jesus Christus van Nasaret, wat julle gekruisig het, wat God uit die dode opgewek het, ja, deur Hom staan hierdie man heel voor julle.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil dit duidelik stel aan julle almal en aan die hele volk Israel dat hy gesond gemaak is in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, dié Jesus vir wie júlle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.
Afrikaans 1933/1953 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasar,ner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
Afrikaans 1983 Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan — dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet julle almal en die hele volk van Israel weet dat hierdie man gesond voor julle staan deur die Naam van Jesus Christus van Nasaret “wat julle gekruisig het, wat God uit die dood opgewek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle almal, en die hele volk Israel, moet weet dat Jesus Christus van Nasaret hierdie man gesond gemaak het, daarom staan die man nou hier voor julle. Julle het vir Jesus gekruisig, maar God het Hom weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie man is in die Naam van Jesus Christus, die Man van Nasaret, genees. Julle weet van wie ek praat, want julle het Jesus ’n rukkie terug aan ’n kruis laat vasspyker. Maar God het Hom weer lewendig gemaak.