Acts 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle is die kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het deur aan Abraham te sê: En in jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Júlle is die kinders van daardie profete, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. God het mos vir Abraham gesê: ‘In jou nageslag sal al die families van die aarde geseën word.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseënword. |
| Afrikaans 1983 | Die dinge waarvan die profete gepraat het, is vir julle bedoel, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. Hy het vir Abraham gesê: ‘Jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot 'n seën wees.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met julle vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het, ‘In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle is die kinders van die profete en van die verbond wat God gemaak het met julle voorvaders. God het vir Abraham gesê: ‘ Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou nageslag sal seën.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle is mos die nageslag van die profete. God het sy groot ooreenkoms met julle voorvaders gesluit. Hy het vir Abraham gesê: ‘Baie mense hier op aarde sal nog my goedheid beleef omdat Ek hierdie ooreenkoms met jou en jou nageslag gesluit het.’ |