Acts 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n sekere man wat van sy moeder se skoot af kreupel was, is gedra, wat hulle daagliks neergelê het by die poort van die tempel wat Skoon genoem word, om aalmoese te vra van die wat in die tempel ingegaan het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net tóé word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan, om by die tempelgangers te bedel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan. |
| Afrikaans 1983 | Net toe word daar 'n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Man, verlam van sy geboorte af, is daarheen gedra. Hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort bekend as Mooipoort, om by die mense wat die tempelterrein binnegaan, om 'n aalmoes te vra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was mense wat besig was om 'n lam man nader te dra. Hy was lam vandat hy gebore is. Sy mense het hom elke dag by een van die poorte van die tempel neergesit. Die poort se naam was Mooi-poort. Die man het elke dag geld gevra vir die mense wat by die tempel ingaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het ’n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. |