Acts 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die dinge wat God tevore deur die mond van al sy profete bekend gemaak het, dat Christus sou ly, het Hy so vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 “God was egter besig om te laat gebeur wat al die profete vroeër oor die Messias aangekondig het — dat Hy sou ly.
Afrikaans 1933/1953 maar God het op die manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
Afrikaans 1983 Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar op hierdie manier het God in vervulling laat gaan wat Hy vroeër by monde van al sy profete aangekondig het, naamlik dat sy Christus sou ly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar God het lank gelede vir al die profete gesê hulle moet die boodskap bring dat die Christus van God sal swaarkry en sal ly. En nou het God dit alles waar laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tog het God lankal deur sy boodskappers gesê dat die Messias sou kom ly. Daarom het Hy julle onkunde gebruik om hulle woorde waar te laat word.