Acts 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Petrus dit sien, antwoord hy die volk: Manne van Israel, waarom verwonder julle julle hieroor? of waarom kyk julle so ernstig na ons, asof ons deur ons eie krag of heiligheid hierdie man laat wandel het?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Petrus dit agterkom, het hy soos volg op die mense gereageer: “Geagte Israeliete, wat is so besonders hieraan? Wat kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsdienstigheid veroorsaak het dat hierdie man kan rondstap?
Afrikaans 1933/1953 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
Afrikaans 1983 Toe Petrus dit sien, het hy hulle toegespreek: “Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Petrus dit sien, het hy die volk toegespreek: “Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd? Waarom staar julle ons aan asof ons hom deur ons eie krag of godvresendheid laat loop het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Petrus die mense sien, het hy met hulle begin praat en gesê: “Israeliete, hoekom is julle so verbaas oor hierdie wonderwerk? En hoekom kyk julle so na ons? Dink julle ons het met ons eie krag hierdie man weer laat loop? Of dink julle ons kon dit doen omdat ons so godsdienstig is?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Petrus het toe met die groot skare begin praat wat om hulle saamgedrom het: “Vriende, volksgenote, hoekom is julle so verbaas oor wat so pas gebeur het? Dink julle dalk dat ons hierdie man uit ons eie krag gesond gemaak het? Het dit gebeur omdat ons so godsdienstig is?