Acts 28:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat die vader van Publius siek gelê het aan 'n koors en 'n bloedige vloed; tot wie Paulus ingegaan en gebid en hom die hande opgelê en hom gesond gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het so gekom dat Publius se pa in die bed was, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy sy hande op hom gesit en hom gesond gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
Afrikaans 1983 Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het so gebeur dat Publius se vader siek aan koors en diarree in die bed gelê het. Paulus het na hom gegaan en vir hom gebid, sy hande op hom gelê en hom gesond gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Publius se pa was siek. Hy het koors gehad en sy maag was baie deurmekaar en het gewerk. Paulus het na hom toe gegaan en hy het vir hom gebid. Paulus het sy hande op hom gesit en hy het hom gesond gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het hy sy hande op hom geplaas en vir hom gebid. Die man het dadelik gesond geword. Die nuus van die genesing het soos ’n veldbrand oor die eiland versprei.