Acts 28:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het gekyk toe hy moes swel of skielik dood neergeval het; maar nadat hulle 'n lang tyd gekyk het en geen kwaad in hom sien kom nie, het hulle van plan verander en gesê dat hy 'n god is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik morsdood neerslaan, maar nadat hulle ’n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en begin sê hy is ’n god. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het gewag dat hy moet opswel of skielik dood neerslaan, maar nadat hulle 'n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks ongewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en gesê hy is 'n god. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het verwag dat hy sal begin opswel, of skielik dood neerslaan. Maar nadat hulle lank gewag en gesien het dat niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en gesê dat hy 'n god is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het gedink dat Paulus sal opswel of dat hy sal val en sterf. Hulle het lank gewag en toe het hulle gesien dat daar niks met hom gebeur nie. Toe het hulle iets anders begin dink. Hulle het gesê dat Paulus 'n god is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hy was springlewendig. Na ’n ruk het die mense van mening verander en vir mekaar gesê dat hy die een of ander god moet wees. |