Acts 28:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die barbare die giftige dier aan sy hand sien hang, sê hulle onder mekaar: Hierdie man is ongetwyfeld 'n moordenaar, wat, al het hy die see ontvlug, tog die wraak nie toelaat om te lewe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die inboorlinge die gedierte aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar. Al is hy uit die see gered, het geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered. |
| Afrikaans 1983 | Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man moet beslis 'n moordenaar wees. Al is hy uit die see gered, wil die goddelike wraak hom nie laat lewe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die plaaslike bevolking die gedierte aan sy hand sien hang, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man is beslis 'n moordenaar. Hy is uit die see gered, maar Dike het nie toegelaat dat hy bly leef nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat op die eiland bly, het gesien die slang hang aan Paulus se hand. Hulle het vir mekaar gesê: “Hierdie man is 'n moordenaar, dit is seker. Die gode wil hom straf en doodmaak omdat hy verkeerd gedoen het. Die gode het gesien dat hy nie in die see verdrink het nie, nou sal die slang hom doodmaak!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die inwoners van die eiland het die slang aan Paulus se hand sien hang en vir mekaar gesê: “Hierdie man is sekerlik ’n moordenaar. Hy was net gelukkig om lewendig uit die storm op die see te kom. Maar nou het die gode hom uiteindelik ingehaal. Nou betaal hulle hom terug vir sy misdaad.” |