Acts 28:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur die koninkryk van God te verkondig en die dinge wat die Here Jesus Christus aangaan, te leer met alle vrymoedigheid, en niemand verbied hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het verkondig dat God as koning regeer, en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Hy het dit ongehinderd en met die grootste vrymoedigheid gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die koninkryk van God verkondig en hulle met alle vrymoedigheid en ongehinderd oor die Here Jesus Christus onderrig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir hulle gepreek en hy het gesê dat God Koning is. Hy het ook vir hulle geleer van die Here Jesus Christus. Hy was nie bang om dit te doen nie, en niemand het hom gekeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê dat Jesus die Messias, die Gestuurde van God is. Hy regeer nou as Here oor alles en almal. Niemand het Paulus verbied om oor Jesus te praat nie. |