Acts 28:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Paulus het twee volle jaar in sy eie huurhuis gebly en almal ontvang wat by hom ingekom het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Paulus het ’n volle twee jaar lank in sy eie gehuurde huis gebly, en hy het almal ontvang wat by hom aangedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, |
| Afrikaans 1983 | Paulus het 'n volle twee jaar lank in die huis gebly wat hy gehuur het, en hy het almal ontvang wat hom kom besoek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Paulus het 'n volle twee jaar in sy gehuurde huis gebly en almal wat na hom gekom het, ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Paulus het twee jaar lank gewoon in die huis wat hy gehuur het. Almal wat hom wou besoek, het na hom toe gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Paulus twee jaar lank in sy gehuurde huis in Rome gebly. Hy het almal wat hom kom besoek het met oop arms ontvang. Paulus het met al sy gaste oor God se nuwe wêreld gepraat. |