Acts 28:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die hart van hierdie volk is grof geword, en hulle ore is dof van gehoor, en hulle oë het hulle toegemaak; dat hulle nie met hul oë sou sien en met hul ore hoor en met hul hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, die hart van hierdie volk het verhard, en hulle hoor swaar met hulle ore, en hulle het hulle oë toegemaak sodat hulle nie dalk met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle hart begryp en tot bekering kom en Ek hulle gesond maak nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak, sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want hierdie volk se hart is afgestomp – hulle kan beswaarlik met hulle ore hoor; hulle het hulle oë gesluit, sodat hulle nie met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle harte verstaan en terugdraai, en Ek hulle genees nie.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie volk het hardkoppig geword. Hulle het opgehou luister sodat hulle nie kan verstaan nie. Hulle het hulle oë toegehou sodat hulle nie kan sien nie en nie kan verstaan nie. Ek wil hulle gesond maak, maar hulle wil nie verander en lewe soos Ek wil hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie mense se harte is kliphard. Hulle ore is doof. Hulle oë is heeltemal toe. Daarom kan hulle niks sien of hoor nie. Hulle verstaan nie wat Ek besig is om te doen nie; daarom kom hulle nie terug na My toe sodat Ek hulle gesond kan maak nie.’ |