Acts 28:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle vir hom 'n dag bepaal het, het baie na hom gekom in sy verblyf; aan wie hy die koninkryk van God uitgelê en getuig het deur hulle aangaande Jesus te oortuig, sowel uit die wet van Moses as uit die profete, van die môre tot die aand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe ’n dag met hom vasgemaak, en op daardie dag het daar nog meer mense na sy blyplek gekom. Van vroeg die môre tot laat die aand het Paulus vir hulle die koningsheerskappy van God verduidelik en daaroor getuig. Hy het hulle uit die wet van Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe 'n datum met hom afgespreek, en op daardie dag het daar nog meer mense na die plek toe gekom waar hy gebly het. Van vroeg die môre tot laat die aand het Paulus die koninkryk van God vir hulle verduidelik en hulle uit die wet van Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hulle met hom 'n dag afgespreek het, het hulle in 'n nog groter getal by hom in sy verblyfplek opgedaag. Hy het die •koninkryk van God aan hulle uitgelê, en van vroegoggend tot die aand kragtig daaroor getuig, terwyl hy hulle uit die Wet van Moses en die Profete probeer oortuig het oor Jesus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe besluit op watter dag hulle weer na Paulus toe sal kom. Op daardie dag het baie Jode na Paulus se huis gekom. Hy het die hele dag met hulle gepraat. Hy het baie ernstig met hulle gepraat en hy het vir hulle gesê dat God Koning is. Hy het ook uit die Wette van Moses en die boeke van die profete gelees en hy het vir hulle gesê dat hulle in Jesus moet glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het besluit om ’n paar dae later weer bymekaar te kom. Op dié dag het ’n groot groep Jode in die gastekamer in Paulus se huis bymekaargekom. Daar het Paulus van vroegoggend tot laataand met hulle oor God se koninkryk gepraat. Hy het hulle probeer oorreed om in Jesus te glo. Hy het ook vir hulle gewys dat Moses en die profete reeds oor Jesus Christus geskryf het. |