Acts 28:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons wil graag van jou hoor wat jy dink, want aangaande hierdie sekte weet ons dat oral daarteen gepraat word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons wil graag van jou hoor hoe jy oor die hele aangeleentheid dink, want ons verneem dat hierdie splintergroep oral omstrede is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word. |
| Afrikaans 1983 | Ons wil graag hoor wat u dink, want al wat ons weet, is dat daar oral teenstand teen hierdie rigting is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons sal dit egter waardeer om by jou te hoor wat jy dink, want dit is aan ons bekend dat daar oral teen hierdie splintergroep gepraat word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons wil graag hoor wat jy dink, want ons weet hierdie groep mense glo in Jesus, maar die mense sê oral dat die groep verkeerde dinge glo.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons sou egter graag wou hoor wat jy te sê het oor daardie nuwe sekte wat in Jesus glo. Die mense hier sê allerhande lelike dinge oor hulle.” |