Acts 28:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hom: Ons het ook geen briewe uit Judéa oor jou ontvang nie, en ook nie een van die broers wat gekom het, het jou iets te kenne gegee of gespreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê hulle vir hom: “Ons het geen briewe oor jou van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het enige nuus gebring of iets kwaads van jou gesê nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Jud,a ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.
Afrikaans 1983 Toe sê hulle vir hom: “Ons het geen briewe oor u van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het berig oor u gebring of iets kwaads van u gesê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hulle vir hom: “Ons het uit Judea geen briewe oor jou ontvang nie, en ook het nie een van die broers hier aangekom wat iets slegs oor jou berig of gesê het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode in Rome het vir Paulus gesê: “Die Jode in Judea het nie vir ons briewe geskryf oor jou nie. En niemand van hulle het hier by ons aangekom en slegte dinge gesê van jou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode het daarop vir Paulus gesê: “Niemand uit Judea het ons laat weet dat jy Rome toe kom nie. Hier het ook niemand opgedaag wat iets slegs oor jou vertel het nie.