Acts 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het Ek jou dan geroep om jou te sien en met jou te spreek, omdat ek vir die hoop van Israel met hierdie ketting gebind is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het om u te sien en met u te praat. Ek is in hierdie boeie omdat ek glo dat die hoop van Israel, die Messias, reeds gekom het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. |
| Afrikaans 1983 | Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het om u te ontmoet en met u te praat. Ek is in hierdie boeie ter wille van Hom vir wie Israel verwag.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om hierdie rede het ek gevra om julle te sien en met julle te praat, aangesien dit juis oor die hoop van Israel is dat ek hierdie boeie dra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hoekom ek gevra het om julle te sien sodat ek met julle kan praat. Ek glo en hoop dieselfde dinge wat al die Israeliete glo en hoop. Dit is hoekom ek nou 'n gevangene is, en dit is hoekom die soldate my vasgemaak het met kettings.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is nie van plan om my volk by die keiser in die moeilikheid te bring nie. Daarom het ek julle vandag hierheen laat kom. Ek wil hê julle moet weet dat ek steeds ’n lojale lid van my volk is. Ek is egter ’n gevangene omdat ek glo in Hom op wie se koms ons voorouers al die jare gewag het.” |