Acts 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die barbaarse volk het aan ons geen geringe guns bewys nie, want hulle het 'n vuur aangesteek en ons almal ontvang vanweë die huidige reën en vanweë die koue. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die inboorlinge was buitengewoon vriendelik teenoor ons. Dit het begin reën en dit was koud. Hulle het toe ’n vuur aangesteek en ons almal genooi om daar te kom sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue. |
| Afrikaans 1983 | Die mense daar was baie vriendelik teenoor ons. Omdat dit begin reën het en koud was, het hulle 'n vuur aangesteek en ons almal daarby verwelkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die plaaslike bevolking het buitengewone vriendelikheid aan ons betoon. Weens die dreigende reën en koue het hulle 'n vuur aangesteek, en ons almal verwelkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense op die eiland was baie vriendelik. Dit het gelyk of dit sal reën en dit was koud. Hulle het 'n vuur gemaak en hulle het ons na die vuur geneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat daar gebly het, het ons met oop arms ontvang. Hulle het dadelik ’n groot vuur aangesteek omdat hulle gesien het dat ons baie koud kry. Boonop was ons almal papnat omdat dit intussen ook begin reën het. |