Acts 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe die Jode daarteen gespreek het, was ek verplig om my op die keiser te beroep; nie waarvan ek my nasie moes beskuldig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, kon ek nie anders as om na die keiser te appelleer nie, alhoewel ek my volk nie van iets wil aankla nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
Afrikaans 1983 Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep. Dit beteken egter nie dat ek 'n aanklag teen my volk gaan inbring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat die Jode egter daarteen beswaar aangeteken het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep – nie dat ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook nooit my volk beskuldig nie, maar die Jode in Jerusalem wou nie hê dat die Romeine my moet laat gaan nie. Daarom kon ek niks anders doen nie, ek moes sê dat ek voor die regterstoel van die keiser wil kom staan. Die keiser moet my oordeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle wou my toe loslaat. Party Jode het egter so sterk daarteen beswaar gemaak dat ek verplig was om my op die keiser te beroep. Maar moenie bekommerd wees nie.