Acts 28:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur dat Paulus ná drie dae die owerstes van die Jode bymekaargeroep het, en toe hulle bymekaar was, sê hy vir hulle: Manne en broeders, al het ek niks teen die volk of gebruike van ons vaders gedoen nie, tog is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Drie dae later het hy die Joodse leiers na hom toe uitgenooi. Toe hulle bymekaargekom het, het hy vir hulle gesê: “Geagte broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek as gevangene uit Jerusalem aan die Romeine uitgelewer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ndrie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine. |
| Afrikaans 1983 | Drie dae later het hy die Joodse leiers na hom toe uitgenooi. Toe hulle bymekaargekom het, het hy vir hulle gesê: “Broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek in Jerusalem gevange geneem en aan die Romeine uitgelewer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná drie dae het hy die Joodse leiers saamgeroep. Toe hulle byeen was, het hy vir hulle gesê: “Broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek uit Jerusalem as gevangene in die hande van die Romeine oorgelewer, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ná drie dae het Paulus gevra dat al die belangrike Jode na hom toe moet kom. Toe hulle almal bymekaar was, het Paulus vir hulle gesê: “Vriende, ek het niks verkeerd gedoen teen ons volk nie. Ek het net die dinge gedoen wat ons voorvaders vir ons geleer het. Maar die Jode in Jerusalem het my gevang en hulle het my vir die Romeine gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drie dae na sy aankoms het Paulus al die Joodse leiers van die stad na sy huis genooi. Toe hulle almal in die huis bymekaar was, het hy vir hulle gesê: “Vriende, ek het niks verkeerds gedoen teen ons volk of teen ons godsdienstige tradisies nie. Tog is ek in Jerusalem gevang en aan die Romeine uitgelewer. Die Romeinse owerhede het die aanklagte teen my behoorlik ondersoek. |