Acts 28:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe ons in Rome kom, het die hoofman oor honderd die gevangenes aan die owerste van die lyfwag oorgegee; maar Paulus is toegelaat om alleen te woon by 'n soldaat wat hom bewaar het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na ons aankoms in Rome is Paulus toegelaat om op sy eie te woon met ’n soldaat wat hom bewaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas. |
| Afrikaans 1983 | Na ons aankoms in Rome het Paulus die vergunning gekry om op sy eie te woon met 'n soldaat om hom te bewaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ons in Rome aankom, is Paulus toegelaat om op sy eie te woon, met 'n soldaat wat hom bewaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het in Rome gekom, en die Romeine het gesê dat Paulus nie in die tronk moet bly nie. Hulle het gesê dat Paulus in 'n huis mag gaan woon, saam met die soldaat wat hom moes oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Rome is Paulus toegelaat om op sy eie in ’n huis te bly. ’n Romeinse soldaat het hom daar opgepas. |